Wie is ons?
Ons is die Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloofrif
Gestuurde Gemeente
Sedert 11 Junie 1984
Die gemeente wat vir jou omgee,
waar jy tuis voel,
wat jou stuur.
Ons is die Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloofrif. Hier by die Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloofrif kry jy vriendelike mense, mense wat in vrede leef, saamwerk en vir mekaar omgee. Wat uitreik na vreemdes en ook daar probeer om fisiese en/of geestelike nood te help verlig.
Meer hieroor: Fokusareas
NG Kerk Waterkloofrif met ons waardesisteem rotsvas geanker in die Woord van God en ons kompas gerig op ons visie, leef ons ons ons missie uit deur ‘n Gestuurde Gemeente ter wille van die Werke van die Here, te wees.
Visie
“Ons is hier om God te verheerlik”
Missie
“Deur aanbidding, jeugbediening, onderlinge versorging, geestelike groei, uitreik en verantwoordelike bestuur van ons steunstelsels wil ons die Here dien.”
Leuse
“Die gemeente wat vir jou omgee, waar jy tuis voel, wat jou stuur.”
Om “Gestuur” te wees…
‘n “Gestuurde” gemeente poog om op te tree in opdrag van die Here, om as gestuurdes van die Here nie ‘n gemeente ter wille van onsself te wees nie, maar ter wille van die Werke van die Here, in die gemeenskap/wêreld waarheen God ons stuur. Alles wat ons dus binne die gemeente doen, doen ons vanuit hierdie perspektief. Ons aktiwiteite, fokusareas, steundienste en bestuurstelsel word ook hierdeur beïnvloed.
Om ‘n “Gestuurde” gemeente van die Here te wees beteken dat ons as kinders van God, mekaar moet help en ondersteun om as –
- konings te heers oor elke terrein van ons lewens, soos toevertrou, deur God;
- priesters in liefde uit te reik na mekaar en ander, ons lewens toe te wy God, Hom dien en vir mekaar intree by God;
- profete God se Woord te leer ken, daagliks daarvolgens te leef en Jesus se verlossingsboodskap aan alle mense te verkondig.
‘n “Voertuig” waardeur God die gemeenskap/wêreld kan bereik
Sluit by ons Geloofsfamilie aan
WORD deel van ‘n “Gestuurde Gemeente”
Belydende en Dooplidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk kan hulle lidmaatskap laat oorplaas na die NG Kerk Waterkloofrif deur die volgende vorm af te laai, en te voltooi. Afrikaans sprekende lidmate van die 3 Afrikaanse/Engelse Susterskerke kan die kerkkantoor kontak met betrekking tot oorplasing van lidmaatskap na die NG Kerk Waterkloofrif.