NGK Waterkloofrif - Fokus op bediening van die Woord van God, aan ons jeug
NGK Waterkloofrif – Jeugbediening

Jeugbediening

Jeugbediening wil graag vir elke kind in die gemeente ‘n goeie insig gee van die Bybel terwyl ons werk aan hulle verhouding met God. Ons wil graag vir die jeug leer hoe belangrik dit is om betrokke te wees binne en buite die gemeente, daarom is uitreik projekte sowel as sosiale geleenthede saam met die res van Waterkloofrif gemeente vir ons belangrik. Ons wil graag vir elke kind ‘n veilige plek bied om te groei en te ontwikkel in hulle geloof en godsdiens.

Kategese

Kinderkerk/Bybelbuddies

NG Kerk Waterkloofrif - Kinderkerk Bybelbuddies Junior Kategese
NG Kerk Waterkloofrif – Kinderkerk / Bybelbuddies (Junior Kategese)

Voorskools tot Graad 6

Ons kinders word deur die vriendelike Bybelbuddie span begelei om Jesus se dissipels te wees. Hulle volg tans die LP3 program wat deur Bybelmedia ontwikkel is vir kinders.

Hulle neem op ‘n prettige wyse aktief deel, met die uitleef van die Bybel verhale, om hulle bybelkennis uit te brei. Die “buddies” word geleer hoe om deel van ‘n omgee-gemeente te wees. Jaarliks word ons Bybelbuddie-bottel, vol geldjies, aangewend vir ‘n uitreik-aksie wat met baie liefde, vreugde en deernis gedoen word.

Tienergroep

NG Kerk Waterkloofrif - Tienergesprekke tydens senior kategese
NG Kerk Waterkloofrif – Tienergesprekke

Graad 7 tot Graad 11

Tieners word deur kategete begelei om geestelik te groei en te ontdek dat hulle deel van die Liggaam van Christus is en deur Hom indiens geneem is as gestuurdes. Die GPS program van Bybel Media word tans gevolg.

Belydenisklas

NG Kerk Waterkloofrif - Belydenisklas
NG Kerk Waterkloofrif – Belydenisklas

Om jou geloof persoonlik voor God te kan bely is een van die belangrikste mylpale in die Christelike geloof. Hier word jy voorberei en gelei in hierdie belangrike stap.

Scroll to Top