7 Dae – God se Skeppingswerke
In die Bybel is die getal 7 (sewe) ‘n belangrike getal. Dis wat ons in hierdie artikel wil uitbeeld.
God het in 6 dae orde geskep, Hy het tyd, ruimte en materie geskep. Hy het plek gemaak vir alles wat lewe en alles wat lewe (saad/bome, voëls, onder water en land diere en die mens) geskape.
God het nadat Hy alles voltooi het, op dag 7, gerus.
Die eerste hoofstuk in die Bybel is geskryf in die vorm van ‘n gedig en beskryf die skeppingsweke van God.
Die eerste vers in die Bybel is ‘n feit:
In die begin het God die hemel en die aarde geskep.
Genesis 1:1
Met hierdie kernagtige eerste vers word die ontstaan van tyd, ruimte en materie op weergalose ekonomiese manier beskryf. Geen detail word verklap van die proses of selfs ‘n motivering daarvoor gegee nie, net maar die feit dát God die hemel en die aarde in die begin geskep het. Ons gaan nie dieper delf nie, daar is soveel wonderlike artikels beskikbaar wat ons maar net weereens laat besef dat ons God Almagtig is. Vir Hom is alles moontlik.
Bybelskool – Chris van Wyk
In Genesis 1:1-2:3 word die skepping in die vorm aan ons in drie dele opgedeel word:
Die begin van tyd, ruimte en materie – Genesis 1:1-2
Die skep van ‘n plek vir alles wat lewe in ses dae – Genesis 1:3-31
Die rus van God op die sewende dag na Hy alles voltooi het – Genesis 2:1-3Die eerste skeppingsverhaal sluit af met die rus van God op die sewende dag ná al die werk wat Hy gedoen het. Hy kom egter nie net self tot rus nie, maar doen ‘n verstommende ding. Hy seën en heilig die sewende dag as gereelde rusdag. Hieruit sou die voorskrif in die wet spruit dat daar ‘n ritme tussen werk en rus in die lewe van die volk moet wees. Lees gerus meer hieroor in die artikel deur Chris van Wyk.
Bybelskool – Chris van Wyk
In Genesis 1:1-2:3 word die skepping in die vorm aan ons in drie dele opgedeel word:
Die begin van tyd, ruimte en materie – Genesis 1:1-2
Die skep van ‘n plek vir alles wat lewe in ses dae – Genesis 1:3-31
Die rus van God op die sewende dag na Hy alles voltooi het – Genesis 2:1-3
7 Dae – God se Skeppingswerke Read More »