Fokusareas

Fokusareas_Aanbidding_Jeugbediening_Versorging_Opbou_Uitreik

Die Liturgiese jaar (kerklike kalender)

Spesiale feesdae en dienste

Die Liturgiese jaar (kerklike kalender) vorm die raamwerk waarvolgens NG Waterkloofrif kerklike feeste vier. Hou gerus die weeklikse afkondigings dop vir meer inligting oor ander spesiale dienste, soos onder andere die jaarlikse Kerssangdiens, wat aangebied word.

Die Liturgiese jaar (kerklike kalender)

Die Liturgiese/Kerklike jaar is opgedeel in spesifieke dae/tydperke/periodes/seisoene wat uitgebeeld word in verskillende kleure, elkeen met ‘n spesiale betekenis.

NG Kerk Waterkloofrif - Liturgiese Jaar 2023 ook bekend as Kerklike jaar of Kerklike seisoene
Liturgiese/KerkJaar 2023

Die Liturgiese jaar begin nie op 1 Januarie nie, maar op die eerste Sondag van Advent (gewoonlik laat November of vroeg Desember), en duur nie 365 dae nie, maar 52 of 53 volle weke. Die Sondag speel die primêre rol as die viering van die opstandingsdag van Christus en bepaal ook die ritme van die kerkjaar. Die res van die kerkjaar draai om die volgende drie feeste:

  • Kersfees
  • Paasfees
  • Pinksterfees

Van almal is Paasfees die hoogtepunt, want dan herdenk en vier Christene die opstanding van Christus uit die graf. Daar is vir elkeen van die drie feeste ’n tyd van voorbereiding en ná die fees ’n tyd van besinning.

  • Advent berei gelowiges voor vir Kersfees en in die tyd van Epifanie word nagedink oor die betekenis van Christus se koms na die aarde.
  • Lydenstyd is voorbereiding vir Paasnaweek en Paastyd ’n tyd van nadenke oor die implikasies van die opstanding.
  • Die tien dae tussen Hemelvaart en Pinkster berei gelowiges voor vir Pinksterfees en daarna volg Koninkrykstyd waarin Christene die opdrag het om die gawes van al drie die feeste te gaan uitleef in die wêreld.

Volg net die skakel hieronder om die volledige Liturgiese jaar/kerklike kalender af te laai.

Die Liturgiese jaar (kerklike kalender) Read More »

Covid-19

Erediensreëlings

Eredienste hervat: Covid-19

Liewe Gemeentelid, na aanleiding van president Ramaphosa se toespraak, rakende die die staat van inperking, kan ons weer met eredienste begin.

Ons word egter steeds genoodsaak om ons eredienste tot vyftig (50) lidmate per diens te beperk. Die dra van maskers bly steeds verpligtend.
Vir eers is dit nie nodig om plek te bespreek nie, ons sal egter die situasie monitor en u op hoogte hou.

Liefdegroete: NGK WKRif Kerkraad

Covid-19 Read More »

Kom ons bid

NGK Waterkloofrif gemeente bid saam:

NGKerk Waterkloofrif Kom ons bid
NG Kerk Waterkloofrif – Kom ons bid
  • Vir almal wat sukkel met seer en verlange, om watter rede ook al.
  • Ons predikant, kantoor en terreinpersoneel, kerkraadslede en gemeentelede
  • Vir elkeen die winter veral met die dreigende gevaar van Covid. Ons bid dat mense God se teenwoordigheid in hierdie tyd sal beleef.
  • Vir lidmate wat onder mediese behandeling is, operasie ondergaan het, en wat besig is om te herstel
  • Vir lidmate wat vir operasies of mediese ondersoeke moet gaan.
  • Vir die onderwys- en mediese personeel wat tans baie blootgestel is.
  • Vir die emosionele welstand van ons gemeenskap, veral die kinders en senior lidmate.

Kom ons bid Read More »

Scroll to Top