2024 Liturgiese/Kerkjaar

2024 Liturgiese/Kerkjaar Read More »
Die Kerk kalender het twee vaste punte. Die geboorte van die Jesus Christus (Kersfees), altyd op die 25ste Desember, en Paasfees. Die Kerkjaar begin met Advent.
Advent het altyd 4 Sondae, maar dit kan 3 of 4 weke wees. Die Adventsondag word bereken deur die vier Sondae voor 25 Desember te vind, selfs al is een van daardie Sondae Oukersaand.
Twaalf dae na Kersfees (25 Desember) is Epifanie (6 Januarie). Dit dui op die tyd tussen die geboorte van Jesus Christus en die koms van die drie wyse manne. Die Sondag naaste aan 6 Januarie kan as Epifanie-Sondag gevier word. Epifanie-Sondae word dan getel tot die Sondag voor Aswoensdag.
Lydenstyd het altyd 46 dae. 40 dae as die Sondae nie getel word nie. (wat ‘n Feesdag in Lydenstyd is). Dit word altyd bereken vanaf Paasfees.
In 325CE het die Raad van Nicea vasgestel dat Paasfees gehou sou word op die eerste Sondag nadat die eerste volmaan op of na die lente-ewening plaasgevind het. Paasfees kan so vroeg as 21 Maart of so laat as 10 Mei wees.
Paasfees bepaal hierdie datums:
Aswoensdag (47 dae voor Paasfees)
Hemelvaartdag (10 dae voor Pinkster Sondag)
Palmsondag (1 week voor Paassondag)
Pinkster of Pinkster Sondag (7 weke na Paassondag)
Die Paastyd het altyd sewe Sondae, plus Pinkster.
Pinksterdag eindig die vyftig dae seisoen van Paasfees (dit is wat die Griekse woord “Pinkster” beteken!) Dit begin nie ‘n “Pinkstertyd/seisoen” nie.
Daarna volg Koninkrykstyd. Die tydperk na Pinkster en voor Advent. Die eerste Sondag na Pinkstersondag staan bekend as Drie-eenheidsondag.
Koninkrykstyd is die tyd waarin op die werk van die kerk gefokus word. Die tydperk vloei voort uit Pinkster met die klem wat val op die verskillende maniere wat die Gees die kerk bemagtig om die koninkryk van God in die wêreld sigbaar te maak.
Daar word op verskillende aspekte van die werk van die kerk gefokus: barmhartigheid, evangelisasie, gemeenskapsontwikkeling en dienswerk.
Groen is die kleur wat gebruik word tydens Koninkrykstyd. Dit simboliseer groei en ontwikkeling en dui op die groei en uitbreiding van die Koninkryk.
Die Liturgiese Jaar – uitgebeeld Read More »
NG Kerk Waterkloofrif skop Maart af met “Wêreldbiddag vir Vroue”, wat op 3 Maart plaasgevind het.
Op hierdie biddag word dieselfde boodskap oorgedra deur ‘n tema wat regoor die wêreld deur almal gevolg word. Die tema van 2023 is deur Taiwan (onder leiding van die Internasionale Komitee) saamgestel.
Die boodskap: Efesiërs 1: 15-16
Die tema: “Kom ons bely en bevestig opnuut ons geloof in Christus.”
Hui-Wen HSAIO is verantwoordelik vir die pragtige kunswerk wat die tema so mooi ondersteun het.
Die kunswerk beeld die volgende uit:
Vroue sit in stil gebed by ʼn stroompie en ten spyte van die onbekende, weet hulle hul Verlossing lê in Christus.
Groen gras en die skoenlapper- orgideë staan uit teen die donker agtergrond. Groen gras simboliseer die Taiwannese bevolking as eenvoudig, selfversekerd en sterk onder God se sorg.
Twee Bedreigde voëlspesies in Taiwan: die Mikado- Pheasant en Blackfaced Spoonbill word ook uitgebeeld.
Ons gemeente was uitgenooi om die biddag saam met Huis HJ Piek en sy inwoners te gaan vier. Dit was ‘n lieflike oggend en Johanette de Bruin van ons gemeente het die biddag gelei en ʼn besonderse boodskap gebring. Lydia, met haar pragtige stem het gesorg dat ons heerlik saamgesing het. Dames vanuit ons gemeente het stories voorgelees wat almal baie geniet het.
Dieselfde oggend het Ds Nicole, Waterkloof Marina se heel eerste “Wêreldbiddag vir Vroue” daar by hulle aangebied. Die biddag was baie goed bygewoon en ons is weereens opreg dankbaar vir almal se ondersteuning om ook van hierdie geleentheid ‘n sukses te maak.
Gaan loer gerus op Facebook, daar is pragtige fotos geplaas van die vieringe.
Wêreldbiddag vir Vroue – Dankie Read More »
Ons Sondag program word ingelei deur ‘n vrywillige *saambid geleentheid vir almal wat ‘n behoefte daaraan het. Ons bid vir alles en almal rakende ons gemeente, ons stad, ons land, vir die persoon of saak wat op jou hart druk.
08:35 – Kom ons bid saam*
08:45 – Erediensreëlings: Konsistorie
09:00 – Erediens: Ds Nicole Hamman-Forrest
09:10 – Bybelbuddies** (kinderkerk en junior kategese)
09:10 – Tienergroep*** (senior kategese)
10:00 – Gemeente kuier (tee/koffie)
12:00 (of soos anders gereël) – Multi-taal lofprysing en aanbiddingsdienste / Multi-language praise and worship services (English, Sotho and Zulu)
*Almal wat ‘n behoefte het om saam te kom bid is welkom. Selfs tydens skoolvakansies en langnaweke kan daar informeel bymekaar gekom word om te bid. Ons bid vir alles en almal rakende ons gemeente, ons stad, ons land, vir die persoon of saak wat op jou hart druk.
**Bybelbuddies, voorskoolse en laerskoolkinders (tot gr 6), gaan saam met ouers na die erediens, en ná ongeveer 10 min kry hulle kans om na die voorportaal te gaan, na hul eie byeenkoms. Bybelbuddies verwys na die junior kategese. Gesluit tydens skoolvakansies en langnaweke.
***Tienergroep, (gr 7 tot 11), kom na die voorsang in die voorportaal bymekaar. Gesluit tydens skoolvakansies en langnaweke.
Die Belydenisklas kom Woensdae om 17:30 bymekaar.
Indien jy meer wil weet oor ons, blaai deur ons webtuiste en/of kontak ons gerus.
Mag hierdie kosbare Christusfees, ‘n fees van liefde, genade en hoop wees.
Mag God se teenwoordigheid ons harte vul met blymoedigheid en vreugde.
Geseënde Kersfees, NGK Waterkloofrif
Kersfees is ‘n tyd vir;
🌟
glo en gee,
liefhê en lag,
vreugde en vrede,
familie en vriende,
tydings en dankbaarheid,
saamwees en vir wonderwerke.
Ons wens jou en jou en jou hartsmense,
‘n Geseënde Kersfees.
Geseënde Kersfees 2022 Read More »
Die 2023 Liturgiese jaar begin op 27 November 2022 en strek tot 2 Desember 2023.
Die 2024 Liturgiese jaar begin op 3 Desember 2023.
(Lees meer hieroor in ons Liturgiese jaar nuusblad/blog.)
Advent kondig die begin van ‘n nuwe kerkjaar aan. Dit is nie net ‘n voorbereidingstyd op Christus se eerste koms nie, maar ook op die tweede. Advent is die tyd waartydens ons onsself opnuut inleef in die wonder van die menswording van Christus. Ons berei ons opnuut voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom.
Dis ‘n tydperk van herinnering en verwagting, vreugde en afwagting.
Daar is vier Adventsondae voor Kersfees, waartydens ons vanuit verskillende perspektiewe met verwagting op die koms van Christus voorberei. Advent strek dus gewoonlik oor so bietjie meer as vier weke. Een van die sterk visuele hulpmiddels in dié tyd is die sogenaamde Adventskrans. Dit bestaan meesal uit vier kerse en ‘n groter wit Christus-kers in die middel. Die gebruik om gewoonlik elke Sondag ‘n kers aan te steek, terwyl die vorige kerse wat aangesteek is bly brand met die aansteek van ‘n volgende kers. So brand al vier kerse tydens die vierde Sondag, terwyl die groot wit Christus-kers in die middel op Kersdag aangesteek word.
Die Adventskrans is ‘n sirkelvormige krans met immergroen takke en blare wat die ewigheid voorstel. Op die krans word tipies vier of vyf kerse gerangskik. Vier Sondae voor Kersfees begin die seisoen van Advent en word elke week een kers op die krans aangesteek. Elke kers verteenwoordig ‘n aspek van die geestelike voorbereiding op die koms van die Here Jesus Christus.
VIER SONDAG ADVENT KERSE:
1 – HOOP
2 – GELOOF OF LIEFDE
3 – VREUGDE
4 – VREDE
VYFDE KERS – KERSDAG:
KERSFEES – LIG
Terwyl ons die dae aftel na Kersdag, bid ons dat U ons voortdurend sal herinner om eer te betoon aan die grootste geskenk wat ons nog ooit ontvang het –
die geboorte van Jesus Christus.
Advent – die begin van 2023 Kerkjaar Read More »
Die Liturgiese jaar (kerklike kalender) vorm die raamwerk waarvolgens NG Waterkloofrif kerklike feeste vier. Hou gerus die weeklikse afkondigings dop vir meer inligting oor ander spesiale dienste, soos onder andere die jaarlikse Kerssangdiens, wat aangebied word.
Die Liturgiese/Kerklike jaar is opgedeel in spesifieke dae/tydperke/periodes/seisoene wat uitgebeeld word in verskillende kleure, elkeen met ‘n spesiale betekenis.
Die Liturgiese jaar begin nie op 1 Januarie nie, maar op die eerste Sondag van Advent (gewoonlik laat November of vroeg Desember), en duur nie 365 dae nie, maar 52 of 53 volle weke. Die Sondag speel die primêre rol as die viering van die opstandingsdag van Christus en bepaal ook die ritme van die kerkjaar. Die res van die kerkjaar draai om die volgende drie feeste:
Van almal is Paasfees die hoogtepunt, want dan herdenk en vier Christene die opstanding van Christus uit die graf. Daar is vir elkeen van die drie feeste ’n tyd van voorbereiding en ná die fees ’n tyd van besinning.
Volg net die skakel hieronder om die volledige Liturgiese jaar/kerklike kalender af te laai.
Die Liturgiese jaar (kerklike kalender) Read More »
Liewe Gemeentelid, na aanleiding van president Ramaphosa se toespraak, rakende die die staat van inperking, kan ons weer met eredienste begin.
Ons word egter steeds genoodsaak om ons eredienste tot vyftig (50) lidmate per diens te beperk. Die dra van maskers bly steeds verpligtend.
Vir eers is dit nie nodig om plek te bespreek nie, ons sal egter die situasie monitor en u op hoogte hou.
Liefdegroete: NGK WKRif Kerkraad