2024 Liturgiese/Kerkjaar

2024 Liturgiese/Kerkjaar Read More »
Fokusareas_Aanbidding_Jeugbediening_Versorging_Opbou_Uitreik
Wat ‘n pragtige geseënde dag! Ons kon nie vir beter gevra het nie. Ons het lekker saam gekuier, gesmul aan heerlike eetgoed en rondgesnuffel in die markie.
Min mense besef die opofferinge wat mark uitstallers maak om vir ‘n paar ure hulle produkte en ander harde hande werk met trots te kom uitstal. Soms verkoop hulle goed, ander dae gaan hulle moeg en moedeloos met ‘n leë sak weer huis toe. Aan al die uitstallers by ons Basaar, ons haal ons hoed vir julle af. Hou aan met die goeie werk wat julle doen. Dit word raakgesien, gerespekteer en gewaardeer. Mag God julle besighede ryklik seën.
Basaar uitstallers:
Gemeentelede, sonder julle is ‘n Basaar nie moontlik nie!!! Baie dankie aan almal wat gehelp het met die voorbereiding; en wat hulp verleen het op die dag van die Basaar. Julle opoffering, vasbyt en harde werk word waardeer.
Basaar Tafels:
Dankie vir gebede, alle skenkings en lojale ondersteuning.
Ons hoop julle het almal die Basaar baie geniet! Tot volgende jaar….
Ons hou weer Basaar, Saterdag, 26 Augustus ’23 om 09:00 met oorgenoeg eetgoed en “bederfies” vir oud en jonk! Gemeentelede word genooi om betrokke te raak by die reëlings en om te kom handjie bysit om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak.
Kom besoek gerus ons teetuin, kos-en handewerk tafels terwyl die kinders op die springkasteel baljaar.
Ons vat hierdie jaar hande met die gemeenskap en het privaat uitstallers genooi om hulle produkte in ons “Mini-Mark” te kom uitstal. Ons is baie opgewonde hieroor en kan nie wag om te sien waarmee hulle ons gaan kom verras nie.
PS: Uitstallers word genooi om unieke handgemaakte items/produkte te kom uitstal/verkoop by NGK Waterkloofrif (Pretoria) se Basaar.
Vir meer inligting, WhatApp – 0645075226.
#NGKerkWaterkloofrif#gestuurdegemeente#leefinvrede#basaar#uitstallers#minimark
#NGKerkWaterkloofrif#gestuurdegemeente#leefinvrede#basaar#uitstallers#minimark
Vandag het ons as gemeente die 39ste bestaansjaar van NG Kerk Waterkloofrif gevier.
Wat ‘n besondere voorreg was dit om die dag met sanger Piet Smit te kon deel. NG Waterkloofrif gemeente wil vir Piet en Elmarie Smit baie dankie sê vir hulle kuiertjie by ons kerk vanoggend. Piet die besonderse manier waarop jy God se boodskap van liefde vanoggend met ons gedeel het sal vir lank bly voortleef in ons harte. Baie, baie dankie!
NG Waterkloofrif – Stigting 39 jaar gelede Read More »
Die Kerk kalender het twee vaste punte. Die geboorte van die Jesus Christus (Kersfees), altyd op die 25ste Desember, en Paasfees. Die Kerkjaar begin met Advent.
Advent het altyd 4 Sondae, maar dit kan 3 of 4 weke wees. Die Adventsondag word bereken deur die vier Sondae voor 25 Desember te vind, selfs al is een van daardie Sondae Oukersaand.
Twaalf dae na Kersfees (25 Desember) is Epifanie (6 Januarie). Dit dui op die tyd tussen die geboorte van Jesus Christus en die koms van die drie wyse manne. Die Sondag naaste aan 6 Januarie kan as Epifanie-Sondag gevier word. Epifanie-Sondae word dan getel tot die Sondag voor Aswoensdag.
Lydenstyd het altyd 46 dae. 40 dae as die Sondae nie getel word nie. (wat ‘n Feesdag in Lydenstyd is). Dit word altyd bereken vanaf Paasfees.
In 325CE het die Raad van Nicea vasgestel dat Paasfees gehou sou word op die eerste Sondag nadat die eerste volmaan op of na die lente-ewening plaasgevind het. Paasfees kan so vroeg as 21 Maart of so laat as 10 Mei wees.
Paasfees bepaal hierdie datums:
Aswoensdag (47 dae voor Paasfees)
Hemelvaartdag (10 dae voor Pinkster Sondag)
Palmsondag (1 week voor Paassondag)
Pinkster of Pinkster Sondag (7 weke na Paassondag)
Die Paastyd het altyd sewe Sondae, plus Pinkster.
Pinksterdag eindig die vyftig dae seisoen van Paasfees (dit is wat die Griekse woord “Pinkster” beteken!) Dit begin nie ‘n “Pinkstertyd/seisoen” nie.
Daarna volg Koninkrykstyd. Die tydperk na Pinkster en voor Advent. Die eerste Sondag na Pinkstersondag staan bekend as Drie-eenheidsondag.
Koninkrykstyd is die tyd waarin op die werk van die kerk gefokus word. Die tydperk vloei voort uit Pinkster met die klem wat val op die verskillende maniere wat die Gees die kerk bemagtig om die koninkryk van God in die wêreld sigbaar te maak.
Daar word op verskillende aspekte van die werk van die kerk gefokus: barmhartigheid, evangelisasie, gemeenskapsontwikkeling en dienswerk.
Groen is die kleur wat gebruik word tydens Koninkrykstyd. Dit simboliseer groei en ontwikkeling en dui op die groei en uitbreiding van die Koninkryk.
Die Liturgiese Jaar – uitgebeeld Read More »
Ons gemeente is deel van ‘n liefdadigheid projek wat tans ongeveer 60 sorgbehoewende individue/gesinne (babas tot bejaardes) in die weste van Pretoria ondersteun. Daar is mense van alle ouderdomme, babas tot bejaardes. Meeste van die “broodwinners” is werkloos of gestremd.
Daar is geen bydrae van die staat nie. Fondsinsameling is deel van die projek. Finansiële ondersteuning om sekere aksies te befonds is altyd ‘n behoefte.
Vrywilligers reël van tyd tot tyd geleenthede ten bate van die Wespoort fondsinsamelings aksie. Graag bedank ons dan nou vir Deleen en Magda wat NG Kerk Waterkloofrif verteenwoordig en die projek so getrou ondersteun.
Op 15 Maart het van ons gemeentelede die Paastee bygewoon wat gehou was ten bate van die projek. Ons gemeentelede wat die geleentheid bygewoon en ondersteun het, het dit baie geniet.
Die foto’s wat ons op ons Facebook bladsy geplaas het, getuig daarvan dat almal wat die geleentheid bygewoon het, dit baie geniet het.
Ons Gemeente het ‘n besondere omgee hart vir ons senior lidmate en waar moontlik, wil ons ook deel wees van hulle lief en leed.
Die “Gonsers” groep bestaan uit senior lidmate (mans en dames) van NG Kerk Waterkloofrif wat gereeld bymekaar kom by die kerk. Hier kuier hulle heerlik saam en neem aan georganiseerde aktiwiteite deel. Kom skakel in!
Daar word deurgaans gefokus op die fisiese en geestelike versorging van ons senior lidmate.
Die aktiwiteite sluit onder andere in:
• Lofprysing!
• Geestelike gesprekvoering rondom kwessies wat pla.
• Uitstappies, speletjies en koffie/tee/storie oggende, vorm deel van ons jaarprogram.
• Spesiale byeenkomste: Paasfees en Kersfees.
• Byeenkomste steun sterk op ‘n stelsel van georganiseerde byeenkomste, soos byvoorbeeld die Gebed vriende wat voorbidding vir mekaar en ander doen.
• Alle gemeentelede is welkom om by hierdie besonderse groep mans en dames in te skakel.
NG Kerk Waterkloofrif skop Maart af met “Wêreldbiddag vir Vroue”, wat op 3 Maart plaasgevind het.
Op hierdie biddag word dieselfde boodskap oorgedra deur ‘n tema wat regoor die wêreld deur almal gevolg word. Die tema van 2023 is deur Taiwan (onder leiding van die Internasionale Komitee) saamgestel.
Die boodskap: Efesiërs 1: 15-16
Die tema: “Kom ons bely en bevestig opnuut ons geloof in Christus.”
Hui-Wen HSAIO is verantwoordelik vir die pragtige kunswerk wat die tema so mooi ondersteun het.
Die kunswerk beeld die volgende uit:
Vroue sit in stil gebed by ʼn stroompie en ten spyte van die onbekende, weet hulle hul Verlossing lê in Christus.
Groen gras en die skoenlapper- orgideë staan uit teen die donker agtergrond. Groen gras simboliseer die Taiwannese bevolking as eenvoudig, selfversekerd en sterk onder God se sorg.
Twee Bedreigde voëlspesies in Taiwan: die Mikado- Pheasant en Blackfaced Spoonbill word ook uitgebeeld.
Ons gemeente was uitgenooi om die biddag saam met Huis HJ Piek en sy inwoners te gaan vier. Dit was ‘n lieflike oggend en Johanette de Bruin van ons gemeente het die biddag gelei en ʼn besonderse boodskap gebring. Lydia, met haar pragtige stem het gesorg dat ons heerlik saamgesing het. Dames vanuit ons gemeente het stories voorgelees wat almal baie geniet het.
Dieselfde oggend het Ds Nicole, Waterkloof Marina se heel eerste “Wêreldbiddag vir Vroue” daar by hulle aangebied. Die biddag was baie goed bygewoon en ons is weereens opreg dankbaar vir almal se ondersteuning om ook van hierdie geleentheid ‘n sukses te maak.
Gaan loer gerus op Facebook, daar is pragtige fotos geplaas van die vieringe.
Wêreldbiddag vir Vroue – Dankie Read More »
Ons Sondag program word ingelei deur ‘n vrywillige *saambid geleentheid vir almal wat ‘n behoefte daaraan het. Ons bid vir alles en almal rakende ons gemeente, ons stad, ons land, vir die persoon of saak wat op jou hart druk.
08:35 – Kom ons bid saam*
08:45 – Erediensreëlings: Konsistorie
09:00 – Erediens: Ds Nicole Hamman-Forrest
09:10 – Bybelbuddies** (kinderkerk en junior kategese)
09:10 – Tienergroep*** (senior kategese)
10:00 – Gemeente kuier (tee/koffie)
12:00 (of soos anders gereël) – Multi-taal lofprysing en aanbiddingsdienste / Multi-language praise and worship services (English, Sotho and Zulu)
*Almal wat ‘n behoefte het om saam te kom bid is welkom. Selfs tydens skoolvakansies en langnaweke kan daar informeel bymekaar gekom word om te bid. Ons bid vir alles en almal rakende ons gemeente, ons stad, ons land, vir die persoon of saak wat op jou hart druk.
**Bybelbuddies, voorskoolse en laerskoolkinders (tot gr 6), gaan saam met ouers na die erediens, en ná ongeveer 10 min kry hulle kans om na die voorportaal te gaan, na hul eie byeenkoms. Bybelbuddies verwys na die junior kategese. Gesluit tydens skoolvakansies en langnaweke.
***Tienergroep, (gr 7 tot 11), kom na die voorsang in die voorportaal bymekaar. Gesluit tydens skoolvakansies en langnaweke.
Die Belydenisklas kom Woensdae om 17:30 bymekaar.
Indien jy meer wil weet oor ons, blaai deur ons webtuiste en/of kontak ons gerus.
Die 2023 skooljaar begin weer op 11 Januarie. Ons bid vir ons leerders en in die besonder die nuwe leerdertjies wat vir die eerste keer skool toe gaan, all ouers en onderwysers. Mag God julle beskerm en ryklik seën.
Gebed vir ons kinders se skooljaar
Dankie Here vir die vooruitsig van ‘n nuwe jaar, geleenthede en uitdagings vir ons kinders.
Dankie dat ek kan rustig wees, wetende dat al kan nie elke oomblik by die skool by my kosbare kinders wees nie, is U steeds met hulle.
Ek bid dat U in hierdie jaar u guns op my kinders sal uitstort in alles wat hulle aanpak.
Gee asseblief vir hulle wysheid, insig, goeie oordeel en u onderskeiding in elke saak waaroor hulle moet beslis – al is dit in die kleinste ou dingetjies.Stuur vir hulle maats met ‘n vaste koers wie se tree saam met hulle in u voetstappe gerig is.
Dankie dat ons kan verklaar dat geen wapen wat teen ons kinders gerig is tot uiting kan kom nie – in die Naam van Jesus.
Dankie dat U u engele opdrag gee aangaande ons kinders se veiligheid en beskerming.Vader, ek bid dat my kind met die baie talente altyd sal onthou dat elke goeie gawe van U af kom en dat hulle U naam sal eer met die uitlewing van hierdie gawes op die skoolgrond.
Vir my kind wat soms sukkel, bid ek dat U self vir hulle sal vrede gee – wetende dat U nie die mens meet soos wat ‘n skoolsisteem kinders meet nie – U meet hulle volgens die hart. Gee daarom vir hierdie kind van my ‘n hart so na aan U – ‘n leeu hart wat spreek van die erfenis van die Leeu van Juda.
Maak my ouerhart rustig en gee vir my Goddelike wysheid – hoe om te praat, te vat, te luister en stil te wees as dit nodig is. Wys aan my die onsienlike en onuitgesproke behoeftes van my kind – sodat ek as ouer in hierdie jaar akkuraat mag liefhê, bemoedig en opvoed.
Ek bid al hierdie dinge in die Naam van Jesus – in geloof dat die Een wat ore gemaak het, my elke woord hoor.
Amen
Saamgestel deur Gretha Wiid
Gebed vir ons kinders se skooljaar Read More »
Mag hierdie kosbare Christusfees, ‘n fees van liefde, genade en hoop wees.
Mag God se teenwoordigheid ons harte vul met blymoedigheid en vreugde.
Geseënde Kersfees, NGK Waterkloofrif
Kersfees is ‘n tyd vir;
🌟
glo en gee,
liefhê en lag,
vreugde en vrede,
familie en vriende,
tydings en dankbaarheid,
saamwees en vir wonderwerke.
Ons wens jou en jou en jou hartsmense,
‘n Geseënde Kersfees.
Geseënde Kersfees 2022 Read More »
Die 2023 Liturgiese jaar begin op 27 November 2022 en strek tot 2 Desember 2023.
Die 2024 Liturgiese jaar begin op 3 Desember 2023.
(Lees meer hieroor in ons Liturgiese jaar nuusblad/blog.)
Advent kondig die begin van ‘n nuwe kerkjaar aan. Dit is nie net ‘n voorbereidingstyd op Christus se eerste koms nie, maar ook op die tweede. Advent is die tyd waartydens ons onsself opnuut inleef in die wonder van die menswording van Christus. Ons berei ons opnuut voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom.
Dis ‘n tydperk van herinnering en verwagting, vreugde en afwagting.
Daar is vier Adventsondae voor Kersfees, waartydens ons vanuit verskillende perspektiewe met verwagting op die koms van Christus voorberei. Advent strek dus gewoonlik oor so bietjie meer as vier weke. Een van die sterk visuele hulpmiddels in dié tyd is die sogenaamde Adventskrans. Dit bestaan meesal uit vier kerse en ‘n groter wit Christus-kers in die middel. Die gebruik om gewoonlik elke Sondag ‘n kers aan te steek, terwyl die vorige kerse wat aangesteek is bly brand met die aansteek van ‘n volgende kers. So brand al vier kerse tydens die vierde Sondag, terwyl die groot wit Christus-kers in die middel op Kersdag aangesteek word.
Die Adventskrans is ‘n sirkelvormige krans met immergroen takke en blare wat die ewigheid voorstel. Op die krans word tipies vier of vyf kerse gerangskik. Vier Sondae voor Kersfees begin die seisoen van Advent en word elke week een kers op die krans aangesteek. Elke kers verteenwoordig ‘n aspek van die geestelike voorbereiding op die koms van die Here Jesus Christus.
VIER SONDAG ADVENT KERSE:
1 – HOOP
2 – GELOOF OF LIEFDE
3 – VREUGDE
4 – VREDE
VYFDE KERS – KERSDAG:
KERSFEES – LIG
Terwyl ons die dae aftel na Kersdag, bid ons dat U ons voortdurend sal herinner om eer te betoon aan die grootste geskenk wat ons nog ooit ontvang het –
die geboorte van Jesus Christus.
Advent – die begin van 2023 Kerkjaar Read More »