Author name: ngkwkrif

Wespoort Paastee

Ons gemeente is deel van ‘n liefdadigheid projek wat tans ongeveer 60 sorgbehoewende individue/gesinne (babas tot bejaardes) in die weste van Pretoria ondersteun. Daar is mense van alle ouderdomme, babas tot bejaardes.  Meeste van die “broodwinners” is werkloos of gestremd.

Daar is geen bydrae van die staat nie. Fondsinsameling is deel van die projek. Finansiële ondersteuning om sekere aksies te befonds is altyd ‘n behoefte.

Vrywilligers reël van tyd tot tyd geleenthede ten bate van die Wespoort fondsinsamelings aksie. Graag bedank ons dan nou vir Deleen en Magda wat NG Kerk Waterkloofrif verteenwoordig en die projek so getrou ondersteun.

Op 15 Maart het van ons gemeentelede die Paastee bygewoon wat gehou was ten bate van die projek. Ons gemeentelede wat die geleentheid bygewoon en ondersteun het, het dit baie geniet.

Die foto’s wat ons op ons Facebook bladsy geplaas het, getuig daarvan dat almal wat die geleentheid bygewoon het, dit baie geniet het.

Wespoort Paastee
NG Kerk Waterkloofrif – Wespoort Paastee…Baie dankie!

Wespoort Paastee Read More »

Wêreldbiddag vir Vroue – Dankie

NG Kerk Waterkloofrif skop Maart af met “Wêreldbiddag vir Vroue”, wat op 3 Maart plaasgevind het.

Op hierdie biddag word dieselfde boodskap oorgedra deur ‘n tema wat regoor die wêreld deur almal gevolg word. Die tema van 2023 is deur Taiwan (onder leiding van die Internasionale Komitee) saamgestel.

Die boodskap: Efesiërs 1: 15-16
Die tema: “Kom ons bely en bevestig opnuut ons geloof in Christus.”
Hui-Wen HSAIO is verantwoordelik vir die pragtige kunswerk wat die tema so mooi ondersteun het.

Kunswerk betekenis

Die kunswerk beeld die volgende uit:

Vroue sit in stil gebed by ʼn stroompie en ten spyte van die onbekende, weet hulle hul Verlossing lê in Christus.

Groen gras en die skoenlapper- orgideë staan uit teen die donker agtergrond. Groen gras simboliseer die Taiwannese bevolking as eenvoudig, selfversekerd en sterk onder God se sorg.

Twee Bedreigde voëlspesies in Taiwan: die Mikado- Pheasant en Blackfaced Spoonbill word ook uitgebeeld.

Ons gemeente was uitgenooi om die biddag saam met Huis HJ Piek en sy inwoners te gaan  vier. Dit was ‘n lieflike oggend en Johanette de Bruin van ons gemeente het die biddag gelei en  ʼn besonderse boodskap gebring. Lydia, met haar pragtige stem het gesorg dat ons heerlik saamgesing het. Dames vanuit ons gemeente het stories voorgelees wat almal baie geniet het.

Dieselfde oggend het Ds Nicole, Waterkloof Marina se heel eerste “Wêreldbiddag vir Vroue” daar by hulle aangebied. Die biddag was baie goed bygewoon en ons is weereens opreg dankbaar vir almal se ondersteuning om ook van hierdie geleentheid ‘n sukses te maak.

Gaan loer gerus op Facebook, daar is pragtige fotos geplaas van die vieringe.

Wêreldbiddag vir Vroue – Dankie Read More »

Scroll to Top