July 2021

Covid-19

Erediensreëlings

Eredienste hervat: Covid-19

Liewe Gemeentelid, na aanleiding van president Ramaphosa se toespraak, rakende die die staat van inperking, kan ons weer met eredienste begin.

Ons word egter steeds genoodsaak om ons eredienste tot vyftig (50) lidmate per diens te beperk. Die dra van maskers bly steeds verpligtend.
Vir eers is dit nie nodig om plek te bespreek nie, ons sal egter die situasie monitor en u op hoogte hou.

Liefdegroete: NGK WKRif Kerkraad

Covid-19 Read More »

Ds George Hugo – Tydens Covid-19

NGK Waterkloofrif – Ons is nog steeds “OK!”

Liewe lidmaat ek hoop dit gaan nog goed by jou.

Ons beleef tans ongewone tye. Nie net het ons te doen met die impak van Covid-19 nie, maar woorde soos “riots, protests, looting” klink nou soos geweerskote op whatsapp-tekste, video’s en ander gesprekke. Familie, werkskollegas en vriende regoor die land, maar ook vanuit die buiteland wil almal weet: “Is julle “OK?”

In die lig hiervan wil ek jou uitnooi om Psalms 22 te lees en te oordink in dié tyd.
Daar is 4 aspekte wat my oog vang in ‘n tyd soos hierdie.

  1. Klagte oor die nood v1-11.
  2. Gebed om hulp v12-22.
  3. Lof aan God vir gebedsverhoring v23-27.
  4. Getuienis vir die wêreld en ons nageslag v28-32.

Ons word dus opgeroep tot gelowige gebed en lofprysing in ‘n tyd soos hierdie en nié vrees en paniek nie!

Aangeheg is 2 videogrepe vir refleksie.
Bly gesond, wees veilig en vertrou op jou Hemelse Vader se teenwoordigheid en krag, om in ‘n tyd soos hierdie, steeds “OK” te wees.

Groetnis, Ds. George Hugo

https://fb.watch/v/27tJjr5bj/

https://fb.watch/v/4A0zNG6MH/

Ds George Hugo – Tydens Covid-19 Read More »

Scroll to Top