Jy is raakgesien.
Jy is kosbaar.
Jy is welkom.

Ons is die Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloofrif — ’n geloofsfamilie wat God dien, mekaar dra en na ons gemeenskap uitreik.

Telefoon: 012 347 9133
E-pos: wkrif.ngk@gmail.com
Kantoor ure: Weeksdae 9:00 – 14:00

Kom woon ons erediens by

Sondagoggend om 9:00

H/V Ridgeviewweg & Hartbeesstraat, Waterkloofrif, Pretoria
(Toegang en parkering via Hartbeesstraat)

WELKOM

Dit is vir ons as gemeente, ’n vreugde om gereeld bymekaar te kom en besoekers en nuwe lede hartlik te verwelkom.

Ons is ’n geloofsgemeenskap waar gelowige Christene saamkom om die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – te aanbid, loof en prys. Geanker in die Woord leef ons ons roeping met oorgawe uit. Ons strewe daarna om ’n Gestuurde Gemeente te wees wat die Werke van die Here eer deur diens, liefde en gehoorsaamheid.

Hier ontmoet ons mekaar as kinders van God—mense wat saam soek, saam groei en saam leef in die lig van Christus. Ons is ’n geloofsfamilie wat glo dat God elke mens roep, dra en stuur. Daarom skep ons ’n ruimte waar jy kan aanbid, rus vind, behoort, en saam met ander die Here se liefde in die wêreld kan uitleef.

Kom beleef hoe die Gees van God met jou, in jou en deur jou werk. Hier ontmoet jy vriendelike mense wat in vrede leef, saamwerk en met liefde uitreik na mekaar én na vreemdes. Met deernis en omgee help ons om geestelike en waar moontlik, ook fisiese nood te verlig.

By NG Kerk Waterkloofrif is jy deel van ’n geloofsfamilie wie se hart warm klop vir God, vir mekaar en vir die wêreld daarbuite.

ngkwkrif web 30
Ds Nicole Hamman-Forrest
Leraar

‘n Geloofsfamilie waar mense saak maak, waar geloof groei en waar God se liefde sigbaar word in die lewe van elke dag.

12

NG Kerk Waterkloofrif
Gestuurde Gemeente

Die gemeente wat vir jou omgee,
waar jy tuis voel,
wat jou stuur.

‘n Voertuig waardeur God die gemeenskap/wêreld kan bereik.

WIE ONS IS

Ons is die Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloofrif.
Gevestig – 11 Junie 1984.

’n Christelike geloofsgemeenskap wat deur die Heilige Gees gelei word om die Woord van God beter te ken, te verstaan en uit te leef.

Ons staan op die Skrif as die heilige en onfeilbare Woord van God, en bely die leer soos verwoord in die Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls.

  • Ons glo in die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Ons glo dat Jesus Christus ons Verlosser en Here is.
  • Ons aanvaar die Bybel as die geïnspireerde Woord van God en die hoogste gesag vir geloof en lewe.
Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloofrif
Gevestig – 11 Junie 1984
ngkwkrif web 22
As Gestuurde Gemeente leef ons met rigting, hoop en roeping.
Ons waardesisteem is rotsvas geanker in die Woord van God.

Visie

Ons is hier om God te verheerlik.

Missie

Deur aanbidding, jeugbediening, onderlinge versorging, opbou, uitreik en verantwoordelike bestuur van ons steunstelsels wil ons die Here dien.

Leuse

Die gemeente wat vir jou omgee,
waar jy tuis voel,
wat jou stuur.

ngkwkrif web 56

God is ons Kompas.
Christus is ons Anker.
Die Heilige Gees vul ons Seile.

WAT ONS DOEN

Deur aanbidding, jeugbediening, onderlinge versorging, geestelike groei, uitreik en verantwoordelike bestuur van ons steunstelsels, wil ons die Here dien.

By die Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloofrif vind jy ’n gemeenskap van vriendelike mense wat in vrede saamleef, saamwerk en vir mekaar omgee. Ons reik uit na vreemdes en waar moontlik, help ons waar daar fisiese of geestelike nood is.

Aanbidding

Erediens
Lofprysing


Sakramente:
Heilige Nagmaal
Heilige Doop

Spesiale dienste:
Goeie Vrydag
Paassondag
Hemelvaart
Pinkster
Kersdag

Ander:
Huweliksbevestiging
Roudiens (begrafnis- of gedenkdiens)

Jeugbedienig

Kleuterkerk (3-6 jariges asook Gr 1-3 leerders)
Kategese (Gr 4-10 leerders)

Versorging en Opbou

Versorging:
Omgeegroepe
Vrouebelange
Fisiese en geestelike ondersteuning vir gemeentelede

Opbou:
Geloofsgroei (Bybelstudie)
Gemeenteontwikkeling
Bou verhoudings en gemeentegees

Uitreik

Gemeenskap:
Multi-taal lofprysing en aanbidding

Maatskaplike/Geestelike ondersteuning asook Finansiële bydraes:
Bybelverspreiding
Huis HJ Piek
Wespoort-gemeenskap (Pretoria-Wes)
Potato Foundation

Ons Geloofsreis

Sondag program

08:45 – Erediensreëlings (kerkraad)

09:00 – Erediens

  • Skriflesing en prediking
  • Lofprysing en aanbidding

Tydens die diens: Kleuterkerk (3-6 jariges asook Gr 1-3 leerders)

Vanaf opname van kollekte tot 10:15: Kategese (Gr 4-10 leerders)

10:00 – Gemeente kuier

‘n Sosiale geleentheid op die kerkterrein om nuwe intrekkers te verwelkom en bande met die gemeenskap te versterk.

12:00 – Multi-taal lofprysingsdiens

’n Informele, lewendige diens met ’n sterk fokus op lofprysing en aanbidding. As deel van ons uitreik na anderstaliges word hierdie diens goed ondersteun deur veral Sotho-, Zulu- en Engelssprekende kerkgangers.

Weeklikse instellings

Woensdag, 09:00 – Bybelstudie
Donderdag, 18:30 – Sanggroep

Spesiale dienste

Spesiale dienste word deur die jaar in die kerk gehou volgens die ritme van die liturgiese kerkjaar. Dit sluit onder andere die volgende heilige geleenthede in:

  • Goeie Vrydag
  • Paassondag
  • Hemelvaart
  • Pinkster
  • Kersdag

Hierdie dienste vorm die bakens van ons geloofsreis — tye van herdenking, viering en verdieping saam as gemeente.

Die Liturgiese Jaar: ’n Reis deur Geloof

Die kerkjaar draai om drie heilige feeste:
Kersfees – Christus kom na die wêreld
Paasfees – Die opstanding, die hart van ons geloof
Pinkster – Die uitstorting van die Gees

Elke fees het ’n tyd of seisoen van voorbereiding en besinning:
Advent lei ons na Kersfees. Daarna volg Epifanie.
Epifanie openbaar Christus aan die wêreld en berei ons voor vir die reis na Lydenstyd.
Lydenstyd en Paastyd neem ons van kruis tot die opstanding van Jesus Christus.
Hemelvaart en Pinkster roep ons tot getuienis, sending en die uitlewing van geloof.
Na Pinkster breek Koninkrykstyd aan—’n seisoen waarin ons geroep word om die vrugte van geloof uit te dra en Christus se liefde sigbaar te maak in die wêreld.

Koninkrykstyd

Sondag, 31 Mei 2026
(Drie-eenheidsondag)

Advent

Sondag, 29 November 2026
(Eerste Sondag van Advent)

Kersseisoen

Vrydag, 25 Desember 2026
(Kersdag)

Epifanie

Sondag, 3 Januarie 2027
(tradisioneel 6 Januarie)

Lydenstyd

Woensdag, 10 Februarie 2027
(Aswoensdag)

Paastyd

Sondag, 28 Maart 2027
(Paassondag)

Gereed om die reis saam met ons aan te pak?

Sluit by ons aan en word deel van ’n geloofsfamilie wat saam groei, dien en mekaar dra.
Laai die lidmaatskapvorm af, voltooi en handig dit in by die kerkkantoor, of stuur die voltooide vorm per e-pos na wkrif.ngk@gmail.com.

Scroll to Top