
NG Kerk Waterkloofrif
Wees eensgesind, leef in vrede
Wat ‘n wonderlike wêreld sal dit wees as almal eensgesind en in vrede kan leef?
Daarom het NG Kerk Waterkloofrif die volgende teksvers gekies as tema vir die jaar 2023.
2 KORINTIËRS 13:11 (AFR83)
Al is daar biljoene mense op aarde, die Here sien jou raak. Jou behoeftes, jou nood en ook jou geluk! Jy is ontsettend kosbaar vir Hom daarom wil Hy ‘n pad met jou loop. In ons gemeente raak jy nie weg nie. Elkeen is belangrik en elkeen word raakgesien.
By NG Kerk Waterkloofrif kom ons as gelowige Christene saam om die drie-enige God (Vader, Seun en Heilige Gees) te aanbid, loof en te prys.
Dit maak ons baie gelukkig om besoekers en nuwe lede by ons te verwelkom.
Kom kuier by ons, word deel van ons geloofsfamilie. Indien jy meer wil weet oor wie ons is, blaai deur ons webtuiste en/of kontak ons gerus.
Sluit by ons Geloofsfamilie aan
Voltooide vorms kan soos volg ingedien word:
~ Plaas die voltooide vorm voor of na die Sondag erediens in die voorportaal kluis
~ Stuur die voltooide vorm per e-pos na wkrif.ngk@gmail.com of
~ Kom handig die vorm persoonlik in by die kerkkantoor.
Raak betrokke!
Kom beleef hoe die Gees van God met jou, in jou en deur jou werk
Sondag program
Tye
08:45 – Erediensreëlings: Konsistorie
09:00 – Erediens: Ds Nicole Hamman-Forrest
09:10 – Bybelbuddies** (kinderkerk en junior kategese)
09:10 – Tienergroep*** (senior kategese)
10:00 – Gemeente kuier (tee/koffie)
12:00 – Multi-taal lofprysing en aanbiddingsdienste / Multi-language praise and worship services (English, Sotho and Zulu)
*Almal wat ‘n behoefte het om saam te kom bid is welkom. Selfs tydens skoolvakansies en langnaweke kan daar informeel bymekaar gekom word om te bid. Ons bid vir alles en almal rakende ons gemeente, ons stad, ons land, vir die persoon of saak wat op jou hart druk.
**Bybelbuddies, voorskoolse en laerskoolkinders (tot gr 6), gaan saam met ouers na die erediens, en ná ongeveer 10 min kry hulle kans om na die voorportaal te gaan, na hul eie byeenkoms. Bybelbuddies verwys na die junior kategese. Gesluit tydens skoolvakansies en langnaweke.
***Tienergroep, (gr 7 tot 11), kom na die voorsang in die voorportaal bymekaar. Gesluit tydens skoolvakansies en langnaweke.
Indien jy meer wil weet oor ons, blaai deur ons webtuiste en/of kontak ons gerus.
NB: Belydenisklas kom op Woensdae om 17:30 bymekaar.
Weeklikse aktiwiteite
Raak betrokke by ons aktiwiteite, hou ons kalender, nuusbrief, afkondigings en sosiale media dop. Hier by ons is iets vir almal!
Dag en Tyd
Woensdag, 17:30 – Belydenisklas
Donderdag, 18:30 – Sanggroep
Jaarlikse aktiwiteite
NG Kerk Waterkloofrif Kalender – 2023
Vinnige Kalenders
Verlede – Hede- Toekoms



Nuus / Blog
Basaar 2023
Wat ‘n pragtige geseënde dag! Ons kon nie vir beter gevra het nie. Ons het…
Basaar 2023
Ons hou weer Basaar, Saterdag, 26 Augustus ’23 om 09:00 met oorgenoeg eetgoed en “bederfies”…
Deel asseblief inligting en nuus vanaf ons webtuiste met mede gemeentelede, familie en vriende.